Volgende Stap

Jan 9, 2022

Dis 2022, ‘n nuwe jaar met nuwe geleenthede. Wat is dit wat jy die jaar wil doen. Ons almal moet besluit wat ons Volgende Stap in ons gesondheid, huwelik, werk, finansies, verhoudings en gewoontes gaan wees. Deur Paulus se lewe leer ons dat voor ons ‘n Volgende Stap kan neem moet ons eers by Jesus begin, dan kan ons gehoorsaam wees en bly gehoorsaam wees in die verandering wat na dit gebeur. Wat is jou plan vir 2022?