Wonderbare Raadsman

Dec 17, 2023    Riaan Bergh

Jesus is gebore om te regeer! Jesus sal heers en een van die maniere hoe Jesus dit kom doen, is deur ‘n Wonderbare Raadsman met bonatuurlike wysheid en insig vir ons te wees.

Deel van die wonderlike nuus tydens die Kerstyd, is dat ons herinner word aan die planne wat Jesus bewerkstellig het sodat ons in ‘n lewendige verhouding met Hom kan leef. Die vraag wat ons tydens hierdie Kerstyd moet vra, is; weet jy wat God se hart is bo en behalwe dit waarmee Hy jou kan help? Mag jy vandag besef dat Jesus soveel meer vir jou wil hê.