Vredevors
Dec 10, 2023 • Willie de Beer
Jesaja 9:6
Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Jesus is gebore om te regeer! Hy sal Heers se Jesaja en een van die manier hoe Jesus dit kom doen, is deur die Prins van Vrede te wees, ons Vredevors.
Deel van die wonderlike nuus tydens die Kerstyd, is dat ons herinner word aan die Vrede wat Jesus bewerkstellig het sodat ons in ‘n lewendige verhouding met Hom kan leef.
Die vraag wat ons tydens hierdie Kerstyd moet vra, is, het ons die vrede wat Jesus voor gekom het? Mag jy vandag weer hierdie vrede by Jesus kom vind!