Waar is jou geloof?

Nov 19, 2023    Willie de Beer

Aan die einde van die jaar begin by van ons teen ‘n stadiger pas beweeg. Ons word meer moeg en self met tye is ons uitgeput. Die voorbeeld van die dissipels tydens die storm in Markus 4 is vir baie van ons die manier hoe ons optree wanneer storms en moeilike tye plaasvind. Jesus aan die ander kant is weer vir ons ‘n bemoedigende voorbeeld van hoe ons behoort op te tree. In die gebeurtenis is daar vir ons hoop selfs binne die storms om op God te vertrou.