Die Vyand van Lewe

Feb 11, 2024    Petrie Spies

Ons word voortdurend in ons lewe voor 'n keuse gestel tussen dit wat lewe inhou en dit wat goed lyk. Om te onderskei tussen wat goed en sleg is, is nie altyd so moeilik nie, maar om te onderskei wat goed is en wat die beste is, is baie moeiliker. God wil hê dat ons die dinge sal najaag wat lewe inhou en nie net goed lyk nie.