Lewende Verandering

Apr 9, 2023    Willie de Beer

Jesus het opgestaan! Die graf is leeg! 2000 jaar later het die opstanding van die Here Jesus nog steeds ‘n lewens veranderde impak op ons! Dit bevestig dat Jesus die Messias is, God is en dat Sy woord en beloftes vir ons waar is en dit maak die woord van God vir ons lewend! Dit bring vir ons ‘n lewende Hoop op wat vir ons in die ewigheid wag asook die tyd wat ons op aarde saam met God kan beleef. Laastens het die opstanding van Jesus vir ons ‘n Heilige Missie bewerkstellig. Mag ons herinner word om die koninkryk van God te bou eerder as ons eie!