Dis God wat voorsien

Oct 8, 2023    Willie de Beer

Elkeen van ons het verskillende soort behoeftes. Emosionele behoeftes, finansiële behoeftes, verhoudings behoeftes… In sekere tye van ons lewe is die lys van behoeftes baie lank. Vandag word ons bemoedig met die waarheid dat ons God, die Here Jesus, die God is wat kan voorsien. Hy is ook die God wat will voorsien. Hy voorsien net baie keer nie soos ons dit verwag of voor gehoop het nie, maar selfs in dit kom voorsien Hy! Mag ons deur die 4 waarhede van wie God is, vandag bemoedig word en Hom weer vertrou vir Sy voorsiening.