Slegs deur Jesus

Dec 29, 2024    Willie de Beer

Jesus se woorde in Johannes 14:6 is moontlik een van die gedeeltes in skrif waaroor mense regoor die wêreld van verskillende gelowe die meeste verskil. Jesus maak dit baie duidelik dat verlossing slegs deur Hom is. Hy is die weg en die waarheid en die lewe wat na die Vader toe lei. Daar is geen ander manier of pad nie. Die vraag waaroor elkeen van ons oor moet wonder is, is die pad waarop ek beweeg op pad na die Vader toe want daai pad sal saam met Jesus moet wees.