NUUT BY ONS

Ons bestaan om God te ken en Hom bekend te maak,
terwyl ons mekaar liefhet.

Ons wil jou help om te GLO in Jesus, GEBORGE  te wees in 'n geestelike familie, te GROEI in jou geloof en om te GAAN en 'n verskil te maak.

GLO in Jesus

Dit beteken om jou hoop en volle vertroue in Jesus te plaas deur jou lewe oor te gee aan Hom en Hom die Leier en Verlosser van jou lewe te maak.

GEBORGE in familie

Wanneer ons in Jesus glo word ons deel van sy familie. Ons ontwikkel betekenisvolle vriendskappe met ander mense wat Jesus volg sodat ons saam op hierdie geestelike reis mekaar kan liefhê, help en ondersteun.

GROEI in geloof

Wanneer ons groei in ons geloof, skuif die fokus van self-gesentreerd na Jesus-gesentreerd. In 'n al hoe groter mate glo ons sy woorde, ontwikkel en volg ons sy karakter en doen ons wat Hy ons vra. Ons leef in groter vryheid en oorwinning.

GAAN maak 'n verskil

God nooi ons om saam met Hom 'n verskil te maak in ander mense se lewens. Hy het ons gevorm en ontwerp met 'n doel en wil hê ons moet van onsself gee, ander mense dien, en sy liefde aan hulle bewys.

Vul ons Kontak Kaartjie hier in om te deel raak van ons databasis waar ons meer inligting met jou kan deel

Dienstye

Sondagoggende

08:30 en 10:15

Sondae Aande

18:30

Wat om te verwag by ons dienste

Ons dienste vind plaas elke Sondag om 08:30, 10:15 en 18:30.  Geen registrasies is tans nodig om dienste by te woon nie. Ons dienste word ook "live" uitgesaai na YouTube en Kerk Aanlyn waar jy interaktief kan deelneem aan die diens.

Ons dienste is omtrent 1 uur lank en bevat 'n paar liedjies deur ons musiekspan en 'n preek vir die week. Ons preke vorm gewoonlik deel van 'n reeks waar ons 'n tema oor 'n paar weke bestudeer. Jy is welkom om ook na die vorige preke in die reeks te kyk.

ONTDEK

Ontdek is ons proses waar ons mense help om in te skakel by ons gemeente, te ontdek wie ons is en te ontdek hoe hulle 'n verskil kan maak. Ons wil hê dat jy nie net 'n besoeker bly by ons gemeente nie, maar dat jy deel raak van die familie en dat jy sal ontdek hoe God jou ook kan gebruik om 'n verskil te maak in hierdie wêreld.