Kinders en Tieners

Dienste

Ons dienste vir die kinders en tieners is op dieselfde tye as die kerk se oggend dienste. wat 08h30 en 10h15 is. Julle is ook welkom om na Kinderkerk webblad te gaan of na hulle  YouTube blad  vir aanlyn lesse.
Lees verder vir meer inligting oor ons verskillende bedienings.

Kleuters en Kinders

Ons bediening  vir kleuters en kinders staan afsonderlik bekend as  Kleuterkerk en Kinderkerk.  Die  Kleuterkerk is vir kinders tussen 4 jaar oud en  Graad R, terwyl die Kinderkerk vir  kinders in Graad 1 - 5 is.  

Vir meer inligting of om jou kind in te skryf, kontak Annette van Baalen deur op die knoppie te kliek: 

Draaipunt (Gr.6 en 7)

Draaipunt is ons bediening vir Graad 6 en 7 leerders.  Ons wil graag jong tieners op 'n relevante manier van Jesus leer en op dieselfde tyd geestelik voorberei vir die uitdagings wat hoërskool inhou.  

Vir meer inligting oor Draaipunt of om jou kind in te skryf, kontak vir Willie De Beer deur op die knoppie te kliek:

Bybelskool

Tydens die oggenddienste het ons 'n Bybelskool wat vir tieners aangebied word in die Timoteussaal. Hulle werk op 'n sistematiese manier deur verskeie teologiese beginsels wat hulle help bou aan hulle geloof en wandel saam met Jesus.
Die hart van hierdie bediening is om jongmense op so manier voor te berei dat hulle fondasie mooi gevestig is in Jesus. Dit is ook ‘n omgewing waarin tieners verhouding kan bou met ouer mense asook ander tieners van verskillende skole.

T.i.C (Tieners In Christus)

Elke Vrydagaand tussen 17:00-20:00 is daar in die Jeugsentrum ʼn byeenkoms vir hoërskool tieners waar hulle pret het, verhouding kan bou met ander tieners en leiers en waar die evangelie op ʼn praktiese en relevante manier vir hulle geleer word.

Hier volg ons ‘n sistematiese en tematiese struktuur.
 Dit beteken dat ons tydens ‘n kwartaal ons ‘n reeks sal doen wat gaan oor ‘n Bybelboek of ‘n Bybelse beginsel. Die ander reeks tydens ‘n kwartaal sal wees oor temas wat relevant is vir elke tiener. Hierdie temas is baie gekoppel aan die seisoene van tiener wees. Die redes hiervoor is om Bybelse beginsels te leer wat toegepas kan word binne die lewe van elke tiener.
Vir meer inligting kontak gerus vir Willie by deur op die knoppie hieronder te druk of om die kerkkantoor by 051 451 1017 te skakel.