Ons Storie

Hoe dit als begin het...

Gedurende 1990 het Ds. Jacob Maree en sy gesin na Bloemfontein verhuis om hier 'n Baptiste gemeente te plant.

Op Sondag, 2 September 1990 met 23 lidmate, is ons gemeente gestig. Gedurende 1991 is ons gemeente as 'n volwaardige lid van die Baptiste Unie aanvaar.  'n Kerkgebou is aangekoop en op 12 en 13 Februarie 1994 amptelik in gebruik geneem. Ons het 'n mini-herlewing beleef  in ons eerste kerkgebou met talle mense wat deel geword het van ons gemeente en talle mense wat die Here Jesus leer ken het as Verlosser en Here.

Hoe dit gegroei en ontwikkel het...

Ons kerkgeboue kon net nie meer al die mense hanteer nie en in 2003 is die 2 hektaar grond waarop die huidige geboue is gekoop en in 2005 het ons begin bou. Op 5 Maart 2006 het ons, ons eerste erediens in die huidige geboue gehou. In 2007 is nog 2 hektaar aangrensend gekoop met nog aanbouings om te voldoen aan die behoefte om mense effektief te bedien. Talle mense het bygekom en talle bedienings is begin om mense te help groei in hulle verhouding met God. Die Here het regtig iets spesiaal kom doen sedertdien en onder die leiding van Ds. Jacob Maree.

Sedertdien tot nou...

In Maart 2020 neem Ds. Petrie Spies die leisels oor nadat Ds Jacob aftree. Die toekoms is besig om te ontvou, maar ons is oortuig dat die Here nog steeds hierdie gemeente wil gebruik om mense te help om God te leer ken en Hom bekend te maak aan ander terwyl ons mekaar liefhet...