ONTDEK

Ontdek is die reis waar ons jou help ontdek wie ons as gemeente is, hoe jy geestelik kan groei en wat die doel is waarvoor God jou geskep het om 'n verskil  in hierdie wêreld te maak vir God se koninkryk. Die Ontdek reis bestaan uit 4 stappe wat jou help:

Stap 1:
Ontdek Familie

Stap 2:
Ontdek Groei

Stap 3:
Ontdek Jou Ontwerp

Stap 4:
Ontdek Jou Rol en Funksie

Ons wil hê jy moet nie net 'n besoeker wees nie, maar deel van die familie van die kerk. Kom ontdek wie ons as kerk is, wat ons glo, hoe dinge werk en hoe ons die kerk organiseer.
Geestelike groei is moontlik en nodig vir elke gelowige. Kom ontdek watter gewoontes jy kan kweek wat jou sal help om 'n volgende stap te neem in jou geestelike resis sodat God jou meer en meer kan verander.
Begin 'n reis om jou doel te bepaal deur te ontdek hoe God jou gevorm het om 'n verskil te maak in ander mense se lewens. Ontdek jou gawes, passies, vermoëns, persoonlikheid en ook hoe jou ervarings ander mense kan help.
Ontdek op watter manier kan jy 'n verskil maak by ons gemeente en waar is daar geleenthede vir jou om jou doel en passie uit te leef

Begin jou Ontdekkingsreis

Registreer hier vir 7 April se eerste Ontdek sessie.

Bywoning by die kerk Sondae om 16h30

Registreer hier vir 7 April  se AANLYN Ontdek sessie.

Bywoning deur Zoom Sondae om 16h30
Druk op die onderste skakel om vir toekomstige Ontdek sessie te registreer deur middel van ons Kalender.

ONTDEK STUDIES

Soos jy deur hierdie Ontdekkingsreis gaan, gaan jy heel moontlik nog ander vrae ontwikkel oor sekere temas en oortuigings van ons gemeente. Jy gaan dalk in meer detail na sommige temas wil kyk en dit self  bestudeer soos jy deel raak van hierdie geestelike familie. Ons wil jou help om nog verder op hierdie reis te gaan sodat jy nog  meer stappe in jou geestelike groei kan gee. Dit is waaroor Ontdek Studies gaan. Ons gaan gereeld studies byvoeg om jou te help in jou Ontdekkingsreis.