Berading Video's

Rou en Verlies

Liesl, ons Pastorale Berader het die kort videos met gepaardgaande leesstukke voorberei met die doel om jou te help om jou eie persoonlike verlies kwessies beter te verstaan.
Magteloos ? Verward? Alleen? Onseker? Leeg? Wanneer ons die fase van verlies waarin ons, onsself begewe beter verstaan, verminder dit die vrees en help dit ons om deur die intense gevoelens ‘n kanaal vir groei te skep saam met die Here.

1.  Die Fases van Rou

Ons gesels bietjie oor die woord rou-smart. Dit is ‘n baie diep Woord.
In die volgende kort video gesels ons oor die fases van rou en trauma.

2.  10 Praktiese Bybelse Riglyne vir ‘n Beter Hantering van jou Rouproses

Dit is belangrik om te verstaan en te ervaar dat dit waardeur jy nou moet gaan nie dieselfde as ‘n ander persoon se hartseer en rou is nie. Die Bybel help ons baie mooi met leiding en begrip onder díe moeilike omstandighede.

3.  Hoofstukke van Jou Lewe vir Genesing en Verlieshantering

Die video bespreek riglyne om jou te help om jou emosies en ervarings te openbaar. Dit is egter nie maklik nie en moet soms in ‘n veilige omgewing saam ‘n Berader of iemand wat jy vertrou gedoen word.