Bloemfontein Baptiste Kerk

Aksie en Reaksie
Newton se derde wet verklaar: "Vir elke aksie is daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie."
Dis so waar in ons lewe, want elke ding wat gebeur word deur die teenoorgestelde uitgedaag. So is dit ook in ons Geestelike lewe. Probeer iets goed doen en die onaangename dinge probeer inmeng. Dis nou maar eenmaal so dat min dinge volmaak verloop in die lewe en soms noem ons dit sommer “Murphy’s law”.

Nogtans lyk dit my waar die Here werk word so paar natuurwette verander.
1) Lig sal ALTYD donkerte oorwin, want ons kan nie donkerte skep nie, dis bloot donker weens 'n gebrek aan lig. So oorwin God se lig ook ALTYD die donker.
2) God se genade sal ALTYD ons sonde oorwin. Sonde het nie 'n kans teen die "aggressiewe aanslag" van genade nie.
3) God se liefde sal ALTYD groter as Sy toorn wees, want Hy IS liefde.
4) Al lyk dit nie so in die wêreld nie, sal die kwaad altyd die goeie oorwin, as ons ons energie op die regte manier aanwend. In ons eie land is die lewe (vir die meeste van ons) steeds lekkerder as slegter.
5) Daar is baie pyn in die wêreld, maar daar is steeds meer genesing.
6) Daar is baie trane, maar steeds meer lag.
7) Daar is baie oorloë, maar steeds meer vrede.
8) Daar is baie hartseer, maar tog meer vreugde.
Hoe sien jy die lewe se glas? Half-vol of half-leeg? Ek kies om eerder die goeie as die slegte te sien. Dan kom hierdie opdrag vir ons uit Romeine :-

Rom 12:21 "Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie."

Wees Bekleë
Jes. 2:22 "Moenie op mense staatmaak nie: hulle blaas so maklik die laaste asem uit. Hulle is min werd."
Hierdie teks is so ongelooflik waar. Ek en jy word elke enkele dag deur mense teleurgestel. Aan die ander kant stel ons weer op ons beurt gereeld ander mense telleur. Ek hoor die afgelope tyd van 'n hele paar gevalle waar mense groot bedrae geld verloor het omdat hulle in mense se word-gou-ryk skemas belê het. En boonop kom sommige van hierdie mense na jou toe “in die Naam van die Here”. Een persoon het R2.5 miljoen rand verloor. Ek dink dis maar omdat ons soms 'n korter pad as die Here soek. Die Here belowe nie vir ons buitensporige opbrengste in materiële terme nie. Hy sê dat, as jy kos en klere het, dan is jy versorg. Hy sê egter ook daar is goeie beloning op harde werk en dat ons oordeelkundig te werk moet gaan met wat ons het.
Maar dis een kant van die saak. Net so is daar mense met inbors, na wie toe jy enige tyd kan gaan, wie jou altyd sal help en wie jou altyd sal bystaan.

Spr. 17:17 "Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood."

Spr. 27:10 "Moenie by 'n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan na jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie: 'n buurman wat naby is, is meer werd as 'n broer wat ver is."

Mense se streke het my al verstom, as ek sien hoe hulle ander mense harteloos uitbuit. Ek is egter baie meer meer verstom wanneer ek sommige mense se goedheid raaksien. Daar is mense vir wie jy regtig die volgende kan sê: "You wear Jesus well". Hulle het hulleself so met die Here Jesus bekleë, dat ‘n mens Hom amper kan sien deur net na hulle lewens te kyk.

Getuig Tydig en Ontydig
Hoe maklik sou dit nie wees om die Here te volg as ons alles in die Bybel verstaan het nie? Dit sou so maklik wees as almal die hele Bybel presies dieselfde interpreteer en presies dieselfde geestelike ervarings deel, en as ons Hom nog boonop kon sien ook. Om bonatuurlike wonderwerke elke dag te sien sou ook nogal help en definitief as Hy Homself openbaar wanneer ons met ‘n ongelowige praat. Jy sien, diegene wat kies om Hom nie te volg nie kan sê wat hulle wil en redeneer soos wat hulle wil, want hulle hoef niks as 'n teenargument aan te bied nie. Hulle hoef net te sê "is nie”, en “die Bybel maak nie sin nie". Kyk wat sê die Bybel hieroor.

Ps. 14:1 "Die dwaas dink daar is geen God nie."

Amerika is pas deur 'n baie spannende verkiesing en 'n nuwe president is verkies. Die nuwe president is in sy posisie omdat meer mense vir hom as vir die ander kandidaat gestem het. Gelukkig word die Here nie deur die mens verkies nie, Hy staan teenoor geen opponent nie, want die enigste potensiële een is aan die kruis verslaan en God is God omdat Hy die enigste Een is, tot in alle ewigheid. Maar omdat die meerderheid van die mensdom teen Hom kies, glo daardie mense dat Hy nie bestaan nie. Hy bly egter die Koning, totdat die heelal vergaan en tot in ewigheid daarna. Lank nadat ek en jy in die hemel is, sal die son uitbrand en lewe op die aarde sal vergaan, en ons sal die vrug van ons keuse vir altyd besing.
Nee, ons kies nie of Hy God is nie, ons kies net om Hom te volg of nie.

Kom ons bring die gesprek terug na die dwaas. Baie van ons was al in ‘n argument betrokke met iemand wat die Here Jesus nie aanvaar as hulle Verlosser nie. Hierdie argumente lei dikwels tot niks nie. Kyk nou net hoe kostelik druk Spreuke dit uit:

Spr. 26:4-5 "Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie, hy sal dink jy is soos hy. Beantwoord 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier, anders dink hy hy het wysheid."

Lyk nogal of hierdie twee tekste teenoor mekaar staan of hoe?
Al het ek gekies om in God te glo, het Hy eerstens gekies om Homself aan my te openbaar. Daarom kan ek nou die volgende doen:

2 Tim. 4:1-2 "Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee."

Ek en jy getuig net onder hierdie twee omstandighede: Tydig en ontydig.

Raak Opnuut Bewus
"The music is not in the notes, but in the silence in between."

Ek het hierdie aanhaling êrens raakgelees. Blykbaar is dit Mozart wat dít gesê het. Ek dink egter enige musikant sou kon sê hoe belangrik die rustekens in musiek is, hoedat die gedwonge stiltes diepte en emosie aan die musiek verleen, hoedat dit afwagting en spanning kan inbring in die musiek, hoedat dit soms letterlik ’n geleentheid bied om asem te skep. Soms is daar lang stiltes vir sekere instrumente of stemme sodat ander die geleentheid het om ’n solospel te lewer. Dawid en die ander Psalmskrywers het ook sulke stiltes in hulle liedere aangedui met “sela”. Hoewel daar verskillende interpretasies van die woord “sela” is, stem die meeste verklaarders saam dat dit wel ’n pouse in die musiek aankondig. “Sela” is daardie stilte waar die woorde wat so pas gesing is oordink en bepeins moet word, ’n tydjie om eers te reflekteer oor wie God is en wat Hy doen dit. Ons moet dalk bietjie meer fokus op die stiltes in ons lofprysing en aanbidding, daardie oomblikke wanneer die musiek en die woorde ophou en jy met alle aandag, passie, bewondering en liefde net bewus is van dié Een oor wie jy sing.

“Bedaar en erken dat Ek God is ....”; “Laat staan en weet dat Ek God is ...”; “Be still and know that I am God ...” (Ps. 46:11)

Skep asem, ervaar die diepte van jou lofprysing, beleef die emosie. Sela.

Werk Toe!
Dit is seker nie altyd lekker woorde nie, of hoe? Geniet jy jou werk of is dit vir jou 'n straf? Ongelukkig lyk die statistiek oor werksbevrediging nie té goed nie, met slegs 2% mense wat regtig gelukkig is in hulle werk.

Gen 3:17–19 “Vir die mens het die Here God gesê: ‘Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit 'n bestaan maak, jou lewe lank; die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet; net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.'"

Dikwels word arme Eva op grond van hierdie teks beskuldig dat haar sonde daarvoor verantwoordelik is dat ons so hard moet werk. Dit is egter nie die waarheid nie, aangesien dit opdrag dat ons moet werk reeds aan die mens gegee is direk na sy skepping.

Gen 2:15 "Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas." Hierdie vers het heel duidelik niks te make met Eva se ongehoorsaamheid nie.
Die vraag is eerder: “Hoe gelukkig is jy daar by die werk waar jy die meeste van jou tyd deurbring?”

Ps 37:3 "Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort."

Hierdie is skitterende raad. Moenie op mense vertrou nie, doen jou werk rustig en doen wat goed is. Dit was geensins Adam en Eva se skuld nie. Dus, gaan met entoesiasme werk toe sodat jy 'n verskil kan maak in ander se lewens, maar ook sodat dit 'n verskil kan maak in jou eie lewe. Gee eer aan die Here vir Sy genade. Lekker werk!

Goeie Gawes
Matt. 7:7-11 “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?"

Ek sukkel nog altyd met hierdie teksgedeelte, ek probeer om sin te maak hiervan, om in die praktyk te verstaan wat dit eintlik sê en om te weet wat in hierdie paar woorde ingesluit is en wat nie. Waarvoor mag ek vra? Waarna mag ek soek en aan watter deure mag ek klop? Waarvoor wil die Here hê moet ek vra? Kan ek dit op materiële dinge toepas en my eie aardse begeertes hierby insluit? Ek wonder of ek mag bid vir daardie splinternuwe motor wat ek so begeer. Ek het al dikwels gesien hoe mense hierdie tekste gebruik vir persoonlike welvaart en ander wil weer glad nie aardse dinge hierby insluit nie. Hoe nou gemaak?

Ek wonder hoe my lewe sou wees as die Here vir my alles gegee het waarvoor ek gevra het. Gelukkig Hy het nie. Soms het daar net niks van my geneulery gekom nie, soms het ek 'n duidelike "nee" gehoor en vir party goed wag ek nogsteeds.

"Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra?" Goeie vraag, of hoe? Terwyl ek so diep hieroor nadink besef ek dat ek nie alles vir my kinders gegee waarvoor hulle gevra het nie, want ek is té lief vir hulle. Ek het al gesien hoedat sommige kinders alles kry wat hulle gevra het en dit het ‘n lelike nadraai gehad. Jy sien, soms dink jy jy vra vir brood, maar eintlik vra jy onwetend vir 'n slang.

Mag ek bv. vra om die Lotto te wen? Derduisende mense gebruik hulle huishouding se brood geld in die hoop om ‘n groot som geld te wen. En die enigste mense wat hieronder ly is hulle gesin. Hulle jaag valse hoop na.

Mag ek vra om veilig op verkeerde paaie te loop waar jy nie moet loop nie? Ek dink nie so nie. Ek dink jy loop daar op eie risiko.

Vers 11 "... hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?"

Hier is vir my 'n bietjie lig op die onderwerp. Die Vader wil vir ons goeie gawes gee; gawes wat tot ander se voordeel gebruik kan word, dinge wat Koninkrykswaarde het, dinge wat ons lewens nuttig maak hier op die aarde. Mense het al gebid dat deure oopgaan vir bedieninge en dit het oopgegaan. Aan die ander kant het mense al gebid vir ander werk en het dit nie gekry nie. Iemand bid dat hy ‘n motor kan koop en dit gebeur, iemand anders bid dat hy nie sy werk moet verloor nie, maar verloor dit nogtans. ‘n Dogter vra dat my ma sal herstel van kanker, maar toe sterf haar ma. Ek het nie antwoorde vir hierdie vraagstukke nie, maar ek weet ons kan en moet steeds vra. Dan moet ons egter ook die uitslag aanvaar. Soms kan ons selfs vir snaakse goed bid, maar miskien is dit omdat ons Hom probeer ken in al die fasette van ons lewe en nie net om ons eie selfsugtige begeertes te bevredig nie. Gelukkig weet die Here wanneer ons vir brood vra en wanneer ons vir 'n slang vra. En gelukkig kry ons die goeie gawes oorvloedig uit Sy hand uit. En dit behoort vir ons genoeg te wees.

Ek Is Bly
Fil. 4:4 "Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!"

As iemand vir jou goeie nuus gee sê ons mos graag: "Ek is bly". So 'n snaakse kort woordjie “bly”. Kom van blydskap af. 'n Woord wat genoegdoening aandui; 'n aangename gevoel wat in jou opwel, vreugde, vrede, dankbaarheid, lekkerte.

As jy nou vir my vra waarvoor ek bly is, kan ek jou vir die res van die dag besig hou. Ek is bly dat dit gister lekker gereën het, ek is bly dat ek met 'n wonderlike vrou getroud is en dat ons twee wonderlike kinders het. Ek is bly dat die Here ons so seën in ons gemeente en ek is bly dat ek vandag weer 'n heerlike bord kos gaan eet. Ek is bly dat ek vanaand na ‘n dag se werk 'n heerlike warm stort kan vat en kan gaan inkruip in ‘n gemaklike bed. Ek kan lank hiermee aangaan, maar hierdie teks het eintli die ware bron van blydskap raakgevat. “WEES BLY IN DIE HERE!”

Niks van die dinge wat my bly maak kom van myself af nie en dis 'n groot seën om te besef dat dit ALLES die Here se genade is. Ongelukkig laat ek egter dikwels toe dat aardse dinge hierdie blydskap by my steel. Dis die tye wat ek my oë van die Here af wegvat en in ondankbaarheid verval. Maar vandag wil ek myself maar net weer herinner dat ek net bly kan wees in die Here en in Hom alleen. Daar is tog niemand anders om voor dankie te sê nie. Daarom sê ek: “Dankie Here!”

Kyk Op
Ps. 121:1-2 "Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het."

Hoe wonderlik begin hierdie Psalm nie! Iemand wat soekend is na die Here, wat weet dat daar net een enkele uitweg is en dis by God. Daar waar daar ALTYD uitkoms en vertroosting is, daar waar wonde gesalf word, waar trooswoorde in jou ore gefluister word en daar waar jy kan gaan skuil wanneer daar net nie meer ander raad is nie.

Wel, waar anders? As dit nie by God is nie kan dit net by mense wees, want daar is geen ander plek nie. Maar ons weet tog dat dit soms juis mense is wat jou na wanhoop toe dryf. Ons kan tog ook nie ons lot gaan bekla by 'n boom of 'n beeld van iets nie, want 'n beeld is tog dood. So jammer dat soveel ander gelowe NIKS en NIEMAND het wat lewe nie en dan 'n beeld moet aanbid. 'n Dooie, nuttelose beeld!

Maar ons God is 'n lewende God, met 'n oor wat altyd luister, met 'n hand wat altyd help en wat gretig is om 'n pad saam met jou te stap deur die mynveld waarin ons soms beland.
Hoe gaan mense sonder God deur die lewe? Is dit nie dán wat mense hulle heil gaan soek in die verkeerde dinge soos alkohol nie?

Geseënd is diegene wat weet dat God altyd daar is. Ek is heilig oortuig dat jy wat hier lees, al vele kere daardie helpende hand ervaar het. Ek glo ELKEEN van ons het 'n getuienis daarvan, en as ek jou sou vra om dit te deel, sal ons die internet by wyse van spreke kraak. Kom ons onthou dit dan as ons bekommerd is of moeilikheid het. Hy het jou mos al voorheen gehelp en Hy sal dit elke keer weer doen.

In Sy Naam
"Selfs al vertel 'n leuenaar die waarheid, glo ek hom nie." Is hierdie nie 'n baie waar stelling nie? Jy ken die spreekwoord: Hy skiet nie spek nie, hy gooi heel varke! Nou ja, ek dink elkeen van ons is soms skuldig aan verdraaide waarhede, weerhouding van die waarheid, wit leuentjies, feite wat verdraai word weens ons verkeerde persepsies en dan sommer blatant lieg.

Spr. 6:16-19 "Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy 'n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, 'n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van kwaad, 'n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers."

Kyk net in watter slegte geselskap bevind lieg homself, selfs tussen hande wat met bloed bevlek is!

Spr. 12:22 "Die Here het 'n afsku van leuenaars, Hy hou van betroubare mense." Afsku is 'n harde woord!

Ef. 4:25 (die Bybel vir almal): "Daarom moet julle ophou om vir mekaar te lieg. Julle moet die waarheid praat met mekaar, want ons behoort almal aan mekaar."

Hierdie dinge is goed wat elke dag tussen ons en met ons gebeur, maar dit raak nóg erger as jy leuens óór ander mense vertel. Hoe maklik gebeur dit nie? Dit begin by skinder en naderhand vernietig dit mense totaal. Dis nóg erger as jy mense verkeerdelik aanhaal en namens hulle leuens vertel! Maar kom ek sê jou wat die ergste van alles is. Dis wanneer jy leuens oor die Here vertel, wanneer jy "namens" Hom praat en Hom aanhaal op 'n manier wat jou goed laat lyk, maar dis nie waar nie. Ek is UITERS versigtig vir die woorde: “Die Here het vir my gesê.” Natuurlik praat die Here met ons, maar maak seker dis nie net jou eie gedagtes nie. 'n Dame het graag hierdie woorde herhaaldelik gebruik. Eendag sê sy toe: “And God told me...” En toe korrigeer sy haarself en sê: “Oh no it wasn't God, it was Susan who told me.” Hoe kan ‘n mens die Here se stem verwar met 'n mens se stem.

Nou ja, van erg na erger. Wanneer jy "profeteer" in sy Naam, maar dis vals en dis slegs jou eie gedagtes wat jy so graag rondsaai in sy Naam, raak dit buite beheer. Kan ek jou sê hoe ernstig dit is? Kyk na hierdie teks.

Jer.14:14 "Die Here het vir my gesê: Die profete gee voor dat hulle in my Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsêery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete."

Behoort ons te glo in profesie? Natuurlik, anders moet ons die Bybel weggooi. Moet ons al die profesieë glo wat mense in die Naam van die Here uitspreek? Nee, beslis nie! Om 'n belofte aan iemand te maak in die Naam van die Here, maar dis nie waar nie, is ook om te lieg in Sy Naam.

Ps. 15:1 - 3 "Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaad praat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie..."

‘n God van Liefde
Dit is mos hoe ons die Here ken, of hoe? Van Genesis tot Openbaring is dit die boodskap wat oorgedra word en ek en jy het daarmee grootgeword. Tog, al vergewe die Here ons oortredinge, moet ons gewoonlik die gevolge van daardie verkeerde besluite steeds dra. Maar daardie gevolge maak nie dat ons ongered is as ons reeds ons harte vir die Here gegee het nie.
Ongelukkig is daar deesdae die mees haarrysende teorieë waarmee mense vorendag kom. Een van die baie gewildes is dat jou voorouers in dinge betrokke kon wees wat veroorsaak dat jy sukkel met jou gesondheid, dat jou finansies nie uitwerk nie, dat jou huweliksbootjie in die riete vassit en dat jou kinders in gemors betrokke is. Dit verstom my dat hierdie dinge uit die Bybel gestaaf word deur die aanhangers hiervan.

Straf die Here my dan nou vir my voorouers se oortredinge? Gaan die Here dan my kinders en kleinkinders straf oor dinge wat ek (dalk selfs onbewustelik) doen? Ek kry net eenvoudig nie 'n liefdevolle Here in hierdie prentjie ingepas nie.

Joh 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."

Hy het Sy Seun gestuur vir MY sondes, sodat EK nie verlore gaan oor my eie sondes nie, hoe sal ek dan swaarkry as gevolg van ander se sondes?

Ek lees van 'n man wat 'n drankprobleem gehad het en hard daarteen geveg het. Op 'n stadium het hy sy hart vir die Here gegee, maar ongelukkig steeds gesukkel met sy verslawing. Hy is toe eendag in 'n ongeluk oorlede en laat toe sy vrou en dogter agter. Iemand wat toe te hore kom van sy ongelukkig maak toe die volgende uitlating: "Hy het tot bekering gekom maar nie sy verslawing gelos nie en nou is hy dood. Die Here laat nie met Hom speel nie."

Die persoon insinueer toe dat die Here hom op hierdie manier gestraf het. Maar het die Here toe sy vrou en kind ook op die koop toe ook gestraf vir sy sonde, deur hom weg te neem van hulle? 'n Kind wat haar pa amper aanbid het en baie lief was vir hom? Dit het my net laat dink dat dit 'n absolute liefdelose God moet wees wat dit doen. Indien dit waar sou wees, het niemand van ons 'n kans teen sonde nie, nie eers jou eie sonde nie, wat nog van die sondes van ander. DIT is wat my maar net laat verstaan hoekom genade so onverstaanbaar groot is.

Covid-19 Lesse
Wanneer ons stil word en bietjie nadink oor die pandemie is dit dalk goed om weer boeke te vat en na te dink oor wat ons tot dusver hieruit geleer het. Wat 'n vreemde tyd is dit nie, né? Dinge voel eintlik nou weer amper heeltemal normaal. Of is dit nou die nuwe normaal waaraan ons klaar gewoond is?

1) Ons het geleer dat die Here selde sy weë bekend maak, sover dit my kennis strek was daar nie enigiemand in die wêreld wat dit sien kom het nie. Wel, dalk was daar, maar ek weet nie daarvan nie.

2) Ons het geleer dat die Here nog altyd dieselfde is, al verander dinge rondom ons ook hoe.

3) Daar het ONGELOOFLIK baie wonderwerke plaasgevind, dinge wat baie duidelik as 'n uitvloeisel van die pandemie gebeur het, ingrype van God, dinge wat bo mens se verstand is.

4) Ons het gesien dat alles steeds onder Sy beheer was, niks het gebeur wat Hy nie toegelaat het nie.

5) Daar is steeds (of liewer altyd) hoop vir môre en hierdie episode het ons nie geknak nie, al is baie mense deur onbeskryflike swaar tye en al was daar selfs groot lewensverlies.

6) Dit is duidelik dat die wêreld 'n gemeenskaplike vyand kan kry, iets wat nie die een bo die ander bevoordeel nie. Ons is saam in hierdie ding.

7) Die mens is ongelooflik sterk, baie sterker as wat ons dink en ons is tot baie meer in staat as wat ons dalk gedink het.

8) Die mens is ontsettend vindingryk en ons kon beter planne maak as wat ons ooit gedink het. Dalk het hierdie hele ding vir sommige 'n beter toekoms oopgekap as wat hulle kon dink. Dalk gaan ons dit eers oor 'n lang tyd sien en besef.

9) Soms gebruik die Here slegte dinge om ons te laat besef dat die toekoms nie hoef te wees soos ons verwag het nie. Die toekoms kán verander en sal ook weer.

10) Baie mense se geloof is erg getoets, maar baie mense se geloof het bonatuurlik toegeneem en mense sien kans vir baie dinge na hierdie virus.

11) In moeilike tye staan mense saam! Ons almal het gesien hoeveel mense nog vir mekaar omgee, hoeveel hulp is verleen, hoe is kos uitgedeel, hoe het mense met hulle geld én tyd ander bygestaan.

12) Ons het gesien hoe die kerk op kreatiewe maniere aanhou funksioneer en hoe wonderlik die kerk sy rol uitgeleef het.

13) Hoe aanpasbaar is die mens nie? Die Engelse spreekwoord "adapt or die" is baie waar. Mense het aangepas, nuwe dinge in plek gekry en gaan dalk beter leef as voorheen.

14) Die Here was sigbaar aan die werk in en deur mense om ons. Mense het verder dinge gedoen en reggekry wat nie logies verklaar kan word nie.

15) Ons almal is bietjie aarde toe gebring en ons het geleer dat ons eie slim planne in 'n japtrap kan verander.

16) Ons gaan dalk anders voel oor die toekoms en besef dat dit nie die moeite werd is om te jaag na wind nie.

17) Ons het besef hoe belangrik familie en vriende is, en hoe nodig ons mekaar het. Ons het verlang na geliefdes wat loopafstand van ons was.

18) Ons het besef dat die Here nie vir ons antwoorde verskuldig is as Hy 'n besluit maak nie. Hy is 'n soewereine God.

19) Ons het die waarde besef van stil raak vir 'n tyd, van afskakel en terugsit en nadink oor die lewe, nou, hier en die lewe hierna.

20) Laastens, alles gaan nie oor jou en my nie, daar is groter dinge wat belangrik is, al voel ons soms soos 'n slagoffer van 'n situasie.

Dan onthou ons weer die woorde van die Here Jesus in Mat.28:18 waar Hy sê: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.”

1 Korintiërs 15:28 sluit so mooi hierby aan waar daar staan: “Wanneer alles dan aan die Seun onderwerp is, sal Hy Homself onderwerp aan die Vader wat alles aan Hom onderwerp het. So sal God alles wees in alles.”

Van Swaard na Ploegskaar
Dis verstommend hoe veglustig die mensdom is. Verskil net van my oor enigiets dan pluk ek my swaard uit. Verskille oor politiek, godsdiens of enigiets waar my siening anders as joune is. Selfs jou keuse oor 'n spesifieke fabrikaat motor jaag mense die hoenders in. Ek onthou hoe dit in die weermag was destyds met diensplig. Mense uit totaal verskillende agtergronde het geleer om saam te werk teen 'n gemeenskaplike vyand, ongeag van wie jy is of wat jou agtergrond was, omdat jou lewe op die spel is.

Kyk wat staan hier in Miga 4:2-3 "Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer en ons daarvolgens kan lewe, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die woord van die Here. Hy sal oordeel tussen baie volke, regspreek oor sterk nasies wat ver weg woon. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.”

Kan jy dink hoe ons land sal verander as almal hulle "wapens" omskep in werktuie? Die woorde "Eendrag maak mag" kom van vêr in ons verlede af en dit is so ‘n ware uitdrukking. As ons maar net die energie wat ons gebruik om met mekaar te baklei kan inspan om saam te werk, sal dit so 'n groot verskil maak. Ons moenie die strydbyl begrawe nie; ons moet dit eerder smelt en 'n werktuig daarvan maak.

Al Sou die Vyeboom nie Bot nie
Was jy al ooit in die situasie dat jy die Here loof en prys midde in 'n ongelooflike groot storm? Het jy al ooit gedink jy gaan eerder dankie sê, as om te vra om verlos te word van hierdie ellende? Het jy al ooit regtig gedink dat die groter prentjie (wat dalk nou totaal sinneloos lyk) belangriker is as nou se oorlog? Ek sê jou eerlik dat ek nie kan dink dat ek dit sal doen nie. Dít is egter presies waaroor Merlin Carothers se boek "Prison to praise" gaan. Baie goeie leesstof.
Ek wil nou weer 'n lied, wat vreeslik lekker sing, hier aanhaak. Die lied se woorde kom net so uit die Bybel uit.

Hab. 3:17-18 "Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder."

Hierdie lied is een van my groot gunstelinge, maar ek wonder of ons aldag besef wat ons regtig sing. Ek sou dit as volg verwoord: "Here, al het ek nie meer 'n werk of enige inkomste nie (al sou die vyeboom nie bot nie), en al sou ek alles verloor wat ek besit (geen kleinvee in die kampe nie), sal ek hardop vir U loof en prys, ek sal kliphard jubel en U Naam grootmaak."

Sjoe, ek weet darem nie. Maar ek kan jou sê, ek was ook al in slegte situasies vasgevang wat net soos 'n donker tonnel gelyk het, maar as ek terugkyk loof en prys ek die Here, want ek pluk nou die vrug daarvan. Dus, as ek werklik kan sê dat ek die Here ten volle vertrou, moet ek Hom loof en prys as iets sleg gebeur, want Hy ken die uiteinde en ek behoort mos te weet dat dit goed sal wees vir my ook. Maar om dit te doen is nie altyd maklik nie!

Die Klippe Getuig
Gaan haal 'n klip in jou tuin en sit hom op jou lessenaar by die werk neer. Iemand gaan vir seker vir jou vra hoekom die klip daar lê. Vra dan vir die persoon of hy iemand ken wat so 'n klip kan maak (of self kan maak) met sy eie basiese grondstowwe, m.a.w. nie dié in die natuur nie. Natuurlik is die antwoord nee. Sê dan vir die persoon dat jy die Persoon ken wat daardie klip gemaak het. Nie net een soos daardie nie, maar daardie spesifieke een, met Sy eie hande. Die klip kon tog nie net self daar gekom het of ontwikkel het nie, net so min as wat die pen in jou hand sommer vanself (sonder 'n skepper en ontwerper) ontstaan het.

Luk. 19:38 - 40  Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” 'n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!” Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep."

Die klippe sal dit uitroep en roep dit elke dag uit. Mense stamp daarteen en val daaroor. Dit word gebruik om strukture mee te bou en selfs om mekaar mee te gooi. Tog besef die mens nie dat hierdie eenvoudige klip die bestaan en grootheid van God uitroep nie. Die mens is so nuuskierig om te weet wat in ons heelal aangaan en mense soek God op die mees vreemde plekke, maar intussen roep die klippe dit uit. Hulle is volop in die natuur. Hulle is orals op jou erf en dalk selfs op jou tafel, maar mense hoor nie die uitroep van die klippe nie, want hulle wil nie hoor nie. Tog hou die klippe nie op om te getuig nie. Ons sal ook nie.

Doen Slegs U Wil Heer
Doen slegs U wil Heer - U wil met my, U, Pottebakker, met my, die klei. Vorm my en maak my, net soos U wil. Op U bly wag ek, nederig en stil.

Waarskynlik neurie jy nou hierdie pragtige liedjie sommer saam met my. Dis 'n wonderlike liedjie as jy dit sing. Hiermee ons dat ek en jy deur God se hande gevorm word. Die pottebakker kies die beste klei wat beskikbaar is en begin om dit met liefde te vorm. Dan word daar uiteindelik 'n volmaakte kunswerk geskep. So vorm die Here jou en my ook. Maar lees gou weer daardie woorde, dan besef jy dat jy die Here uitnooi om jou te vorm, jy gee Hom toestemming om jou te brei, uit te rol, in twee te skeur, hardhandig met krag genadeloos te vorm. Jy gee vir Hom toestemming om jou deur swaar tye te laat gaan. Jy sien, as die Pottebakker jou vorm, gaan jy in die proses seerkry; jy gaan wonder of dit nodig is dat Hy dit so hardhandig doen. Ongelukkig is dit nodig. Wanneer daardie klei reg voorberei is begin Hy jou vorm met Sy groot sagte hande. Hy spin jou op daardie wiel en jy begin verander in 'n meesterstuk, NET soos Hy jou wil hê, nie noodwendig soos jy wil lyk nie.

Jer. 18:16 "Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel."
As Hy klaar is om jou te vorm kyk Hy met met deernis na hierdie meesterstuk, en dan sê Hy: “Jy is myne.” Maar dan is Hy nog steeds nie klaar nie, want dan gaan jy vuur toe. 'n Pot word blykbaar gebak teen 1260 °C. Dit is verskriklik warm! Sonder hierdie stap is die pot egter nutteloos. Wanneer ons daardie mooi liedjie sing, gee ons ook vir die Here toestemming om ons in daardie vuurwarm oond te sit. Pot-wees is nie maklik nie. Daarom móét jy vir die Here toestemming gee om jou so te vorm. Dalk word jy op die oomblik geknie of dalk is jy reeds in die vuur. Maar dit is nodig, al voel dit soms wreed. Eers dán is Hy tevrede. Dan word jy Sy volmaakte pot. Wat 'n voorreg!

Waaroor Gaan die Lewe?
Wat sal jou antwoord wees as iemand jou hierdie vraag vra? Waaroor gaan die lewe volgens jou? Dalk moet ek en jy onsself afvra: “Wat jaag my?” Tweedens moet ons onsself dalk vra: “Wat jaag ek?” Ek wonder nogal of 'n gelowige en 'n ongelowige hierdie vrae verskillend sou antwoord, want as ek vanuit my verhouding met die Here die vraag sou antwoord, moet dit sekerlik anders wees as wanneer ek sonder Hom sou leef. Om eerlik te wees, ek dink my daaglikse lewe word maar deur dieselfde dinge gedryf as enigiemand anders, maar dalk is die manier wat ons as Christene dit hanteer anders. “Jaag ek geld?” Ongelukkig ja. “Jaag ek sukses in my besigheid na?” Jip, dalk té veel. “Jaag ek agter die toekoms aan omdat ek dink alles sal beter wees dan?” Ja. “Jaag ek agter my verlede aan?” So simpel as wat dit mag klink moet ek ook daarop positief antwoord, want anders het ek dit agter my gelaat.

Maar hier is 'n moeilike een. “Jaag ek agter bedieninge en kerk dinge aan?” Ja, maar gelukkig nou baie minder as vroeër. Wanneer jou kinders vir jou vra of jy nie dalk net een aand in die week by die huis kan bly nie, begin jy besig dat die dinge van die Here jou maklik ‘n afwesige pa kan maak. Dan is dit tyd om daarvan werk te maak. Ek wonder as ek en jy vir ons kinders sou vra: “Wat dink julle jag vir Pa en agter wat jaag Pa aan?” wat sou hulle antwoord? Wat sou jou vrou hierop antwoord? Dalk sou hulle sê dis geld, status, sukses, 'n mooi huis, 'n netjiese motor en vele ander materiële goed, terwyl hulle net smag na aandag en liefde.

Ek ken 'n man wat baie streng was daarop dat geen ligte in die huis mag brand nie, behalwe in die vertrek waar jy op daardie oomblik was. Daar was vele gevegte daaroor. Ek het eendag vir hom gevra of daardie paar rand 'n maand wat hy spaar, die gevegte werd was. Hy het geld nagejaag in plaas van vrede. Die uiteinde was 'n eensame en ongelukkige lewe. Ek het eendag nogal geglimlag vir die einste man. Hy het eenkeer tydens ‘n mannekamp teenoor die dominee gekla dat sy vrou gereeld wou uitgaan vir koffie, terwyl hy drie blikke koffie kon koop vir die prys van daardie uitstappie saam met sy vrou. Die dominee het hom uitgeluister en toe droogweg opgemerk: “Nou het jy baie koffie maar nie 'n vrou nie.”

Ps. 37:3 "Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort."
Pred. 3:12-13 "Ek het tot die insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God."

Die hele lewe is 'n gawe van God, nou, hier, vandag, met dit wat jy het, saam met dié wie jy in jou lewe het. Ons kan nie bekostig om te wag om eendag gelukkig te wees nie. Daar is nie so 'n dag nie.

Genade op Genade
"’n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, ’n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie.”
(Jes. 42:3)

Hier word in Jesaja gepraat van Kores, die dienaar wat God aanstel om Sy volk te lei en te red. Dit verwys natuurlik uiteindelik ook na die Here Jesus, soos wat die vervulling daarvan in Matt. 12:20 beskryf word. Dit verwys na God se wonderbaarlike genade. Dit beskryf die Here Jesus se oneindige liefde vir Sy volgelinge. Geen sondaar kan té sleg wees om God se genade te ontvang nie. Geen verlorene kan té vêr afgedwaal wees om deur God gered te word nie. Geen hart kan té hard wees om deur die Here vernuwe te word nie. Al is die riet geknak, die Here sal hom nie afbreek nie en Sy rug draai nie. Sy genade is altyd daar, Sy liefde wíl en kan en sal weer uitreik na die geknakte riet. Sy krag sal hom weer regop tel en nuwe lewe in hom bewerk. Al brand die lamppit van jou lewe hoe dof, die Here sal dit nie uitblaas nie. Hy sal deur Sy omgee, medelye en barmhartigheid die vlam vertroetel en aanblaas totdat dit weer helder skyn. Kom pak jou onvolmaaktheid op die Here Jesus af – jy sál vir seker genade op genade ontvang.

As die Skoen Jou Pas
Eks. 3:5 “Die Here sê toe vir hom: ‘Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.’"

God verwag van Moses ’n gebaar van respek. So asof die Here vir Moses wil stroop van dit wat vir hom belangrik is. Daardie skoene wat amper soos ’n gemaksone is, moes hy uittrek. Moses, jy het tot hier geloop, maar hier gaan jy nou eers vir ’n rukkie vertoef. Die mense in daardie tyd het geken van loop. Die ding wat jou deesdae hoofsaaklik op die pad hou, is jou motor se bande; in Moses se tyd was dit jou skoene en hulle het seker oor die algemeen hulle skoene vinnig deurgeloop.

Hoe loop ek en jy deur die lewe? Waar loop ons? Waarheen neem ons skoene ons, of liewer, waarheen neem ons ons skoene? Kan ek en jy ’n ander mense se lewenspad kritiseer en veroordeel as ons nie self daardie pad geloop het nie?

Om die Visrivier staproete te stap is ‘n reuse uitdaging vir selfs die mees geoefende stapper. Dit is 86km van pure vasbyt oor 5 dae. Iemand kan net saampraat as hy al daar was. So ook die Comrades – het jou tekkies nog nie daardie pad gedoen nie, kan jy nie eintlik saampraat met dié wat elke tree van die pad afgelê het nie. Ons het dikwels baie te sê oor mense, maar as ons nie in hulle skoene was nie, moet ons eerder stilbly. Het jy al ’n ander persoon se lewenspad begeer? Maar weet jy watter skoene moes hy dalk deurloop om uit te kom waar hy nou is? Dan dink ons partykeer daardie person skuld ons iets. Is jou skoene nommerpas vir jou of begeer jy iemand anders s’n?

Die Here Jesus het geloop om te kom waar Hy wil wees. Hy het vêr geloop. Hy het Jerusalem en omstreke platgeloop met net een doel en dit is dat mense hulle moet bekeer. Paulus het vêr geloop, baie vêr, sodat mense hulle moet bekeer. Weet jy, ek het al gehoor dat daar geledere is wat Paulus se leerstellings verwerp, maar as hulle nie sy skoene saam met hom deurgeloop het nie, is al hulle gepraat net kaf in die wind. Die nuwerwetse sogenaamde vrydenkers wat die Here Jesus verwerp, het seker nog nie een treë geloop waar dit saakmaak nie. Hulle gepraat is ook bloot kaf in die wind. As jy nog nie Golgota toe gestap het met jou eie voete en jou eie kruis op jou rug nie, weet jy nie wat dit beteken om ’n Verlosser te wees nie. Daar is mense wat kilometers vêr “loop” terwyl hulle op die rusbank sit met hulle voete op ’n tafeltjie en Christene kritiseer wat werklik die pad loop, terwyl hulle self nog nie een geestelike treë gegee het nie. Daar is mense wat al menigte maal deur die Bybel gestap het, jare saam met God geloop het, wat kritiek kry van mense met ’n stortvloed van hulle eie opinies. Ons hoor dikwels hoe mense tot bekering kom, glo hulle is vervul met die Heilige Gees en dan ander wil aanvat wat al dosyne pare geestelike skoene deurgeloop het. Dis net kaf in die wind.

Is jy tevrede met die pad wat jy moet loop? Het jy die regte skoene aan vir jou pad? Mens stap verseker nie die Visrivier deur met balletskoene aan nie. Ons lewenspaaie is nie dieselfde nie, ons het nie dieselfde doel in die lewe nie en daarom moet ons nie iemand anders se skoene en lewenspad begeer nie. Die Here sal ons nie paaie laat loop sonder om vir ons die gepaste skoene te gee nie. Jy weet, ons loop soms paaie wat ons nie moet loop nie en ons draf ons skoene deur agter die verkeerde dinge aan en dit is teen die Here se wil. Gelukkig kan die Here ook daardie paaie gebruik om ons skoene te vorm om nommerpas vir jóú voet te sit. As jy soms ’n klippie in die skoen voel, moenie dink dis altyd straf nie, soms is dit deel van vorming. ’n Blaas wat oor en oor stukkend geskuur word, word naderhand ’n eelt wat baie loop kan hanteer. Dra jou eie skoene en wees bereid om lank en vêr saam met die Here te stap, want dit bring wysheid en kennis.

Ef. 6:14-15 "Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete."

Dit verg tekkie slaan om by mense uit te kom met die goeie nuus van die evangelie.
Rom 10:15 "En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”
As die skoen jou pas, trek hom aan. Hierdie skoene van bereidheid sál jou beslis pas en dit sal wonderlike voetstappe laat weerklink. Dit sal nie verslyt nie, al loop jy dat jou voete vol blase is. Ek dink dit is die pad wat Jesus gestap het, asook Paulus en al die dissipels. Dis hoekom ek en jy vandag die Here ken, want die Goeie Boodskap van Vrede het deur die hele wêreld geloop... te voet!

Die Here Sorg
Ps. 3:1-9 "'n Psalm van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het. Ek het so baie vyande, Here! Baie kom in opstand teen my. Daar is talle wat van my sê: ‘Van God kom daar vir hom geen hulp nie!’ Sela. Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela. As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie. Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek, U het die aanval van die goddeloses afgeslaan. Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met u volk. Sela."

Ons almal gaan deur tye wat dit voel of die hele wêreld teen jou gedraai het. Daardie aanvalle kom in soveel fasette en soms geld die spreekwoord wat sê: "It never rains, but it pours." Dan is jou hele wêreld onderstebo. Dit is beslis nie lekker nie en soms is die lig in die tonnel heeltemal dof. Dit is hoe Dawid hier gevoel het, maar dan lyk dit of hy homself opnuut aan die Here se trou en hulp herinner.

Soms voel dit vir ons of ons ook soos Dawid kan uitroep: “Van God kom daar vir hom geen hulp nie!” Maar kyk mooi, want dit is nie Dawid wat dit sê nie. Hy sê dit is wat ander mense oor die Here sê. Dawid ken die Here, daarom sê hy dat die Here altyd getrou bly. Om daardie rede slaap hy goed, want terwyl hy slaap, werk die Here en herstel Hy Dawid se eer en aansien. As vandag vir jou rof was, gaan slaap rustig en word weer wakker met die wete dat die Here vir jou sorg.

Rand en Sent
Spr. 30 : 15 "Die bloedsuier het twee dogters, hulle is "Gee" en Gee".

Ons het al in die verlede gehoor van die dinge wat in die beleggings wêreld gebeur het toe miljarde rande in 'n enkele dag van die aandelebeurs uitgewis is deur een persoon wat net eenvoudig nie genoeg kon kry nie. Daardie een onbesonne daad het miljoene lewens geraak. Hoe verskriklik is hierdie tendens nie, dat soveel mense wat reeds so baie besit, blatant en sonder enige gewete by armes en pensionarisse sal vat net om hulleself verder te verryk. Ons het dit ook al vir so lank tot op die heel hoogste vlak in die regering gesien gebeur, waar dit wat beskikbaar is gewetenloos in 'n paar mense se sakke beland. Die arm massas wat hierdie mense in die hoogste posisies plaas met hulle stemme, is die mense wat die ergste hierdeur benadeel word.

Dit lyk of geld en besittings so maklik die oorhand oor mense kry. Die ergste van alles is dat soveel mense nie dink dat hulle hoegenaamd iets verkeerd gedoen het nie. Hierdie “kalant” wat mense se breine so benewel het 'n naam. Sy naam is “mammon”.

Hy werk op verskeie maniere. Hy maak dat mense blatant ander mense uit hulle karige inkomste uit belieg en bedrieg. Hy werk op ander maniere ook, naamlik inhaligheid. Daar is 'n verskil tussen suinig en inhalig. Suinig beteken jy gee nie geld uit nie, om watter rede ook al. Inhalig is om dinge van ander te wil hê waarvoor jy veronderstel is om te betaal. Daar is slinkse maniere wat mense gebruik.

Daar is egter mense wat ons soms verstom. Dit is mense wat uit hulle eie armoede ander versorg, terwyl hulleself onder geweldige finansiële druk verkeer. Mense wat hulle laaste bietjie uitdeel sodat ander ook kan eet. Ek en jy het baie om te leer by daardie mense, want hulle verstaan wat liefde vir hulle medemens is.

Spr. 30 : 7 - 9 "Net twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf: moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie."

Mag hierdie teks waar word in my en jou lewe.

Behou Jou Vreugde
Rom.15:13 “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!”

Die afgelope paar weke se nuusgebeure het waarskynlik ons almal negatief gestem. Dit het my so geaffekteer dat ek besef het dat my vreugde stukkie vir stukkie uit my uitgebeitel word. Ek het nog nooit gewens ek kan die land verlaat nie, maar ek het regtig die afgelope tyd baie hartseer (en kwaad) geword dat ons mooi land nou totaal stukkend gebreek is.

Maar weet jy, daar kom tog oomblike waar ek net weer bietjie anders oor dinge moet dink, te midde daarvan dat my vreugde gesteel is.

Was jy al ooit dankbaar dat jy 'n toilet kan spoel? Behalwe vir die gebruik van 'n toilet, net om dit te kan spoel. Francois is 'n gestremde jong man wat nie 'n toilet kan spoel nie, hy is in 'n rolstoel. Hy kan nie eers self 'n toilet gebruik nie want hy het die gebruik van sy arms verloor. Weet jy wat? Ek wens ek het soveel vreugde gehad soos Frnacois. Johanna is blind en weet nie hoe lyk 'n eenvoudige mooi sonsondergang nie. Ek wens ek het soveel vreugde soos Johanna. Marie kan net haar kop beweeg, maar tog skilder sy die pragtigste natuurtonele. Ek wens ek het soveel vreugde soos Marie. Hier anderkant in Zimbabwe woon 'n klein verhongerde seuntjie wat selde kos kry. Sy naam is Sipho. Ek wens ek het soveel vreugde soos Sipho gehad waar hy homself smerig vuil speel in die stof. Terwyl Kobus sterwend was aan kanker, het hy meer vreugde gehad as ek.

So kan ek aangaan. Al hierdie persone woon saam met my in hierdie stukkende land, maar elkeen van hulle het baie meer vreugde as ek. Kan ek nog baie verloor? Natuurlik! Persoonlik het ek egter nog niks verloor nie. So, wat steel my vreugde? Dis NET my gesindheid. Jy sien, al hierdie mense wat ek hier genoem het is lief vir die Here. Verder is daar miljoene mense wat nie eens die Here ken nie, maar wat tog baie gelukkig is. "Here, vergewe my dat ek my eie vreugde steel."

Cul de Sac
Doodloopstraat. As jy by so 'n padteken kom weet jy daar is nêrens heen om te gaan nie, dis net omdraai of niks. Maar soms kom ons in hierdie lewe in omstandighede wat maak dat daar nie links, regs, vorentoe of agtertoe gegaan kan word nie en dit is uiters vreesaanjaend. Geldsake, werk verloor, huwelik op die rotse of sommer net omstandighede wat onuithoudbaar geword het.

Dis wat met die Israeliete gebeur het met die uittog uit Egipte toe hulle voor die Rooi see te staan kom. Daar staan in die Bybel hulle was bevrees, want die Egiptenare was kort op hulle hakke, maar die Here het reeds 'n plan gehad.

Exodus 14 : 21 - 22 "Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die Here het daardie hele nag die water met 'n sterk oostewind weggedryf, sodat die water oopgekloof en die see daar drooggelê is. Die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan, en die water het weerskante van hulle soos 'n muur gestaan."

Dit wat totaal onmoontlik was, waaraan niemand kon dink nie en wat op sigself ook vreesaanjaend was, het die Here gedoen. Kan jy dink jy stap deur die see en die water staan soos mure aan weerskante? Wel, dit is hoe groot en "onmoontlik" die Here dinge doen.
Dalk staan jy, of iemand wat jy ken so voor die spreekwoordelike Rooi see en jy weet nie watter kant toe nie en omdraai is geen opsie nie. Dan moet jy maar vorentoe! Destyds met die Groot Trek het die boere net vorentoe gebeur, ten spyt van wat voorgelê het, maar hulle het heel anderkant uitgekom. Moses en die volk het ook hulle bestemming bereik. So sal ons ook, ons moet net vorentoe beur, altyd vorentoe.

Die Here is daar, hy wag daar en Hy het reeds die wonderwerke in plek. Ons kan maar net soos Moses-hulle in geloof voortbeur en wag vir die see om oop te kloof.

Die Wêreld Kyk vir Jou
“Gedra julle altyd so dat julle ’n advertensie vir Christus is. Daarmee moet julle regtig moeite doen.” (Fil. 1:27)

Hierdie is nie so ’n maklike opdrag nie en ’n “preek” wat ons dalk nie meer wil hoor nie. Ons kan nie net sê dat ons Christene is sonder dat ons lewenswyse dit bevestig nie; sonder dat ons anders lyk en praat en dink en doen as die res van die wêreld nie.

As ek Fil. 1:27-30 reg verstaan lyk dit my dat dit inspanning van ons sal verg en dat dit dikwels ’n stryd sal wees. Ons moet onsself gereeld “toets” of ons in die geloof lewe (2 Kor. 13:5) en of ons vrugte dra wat bewys dat ons bekeer is (Matt. 3:8). Glo jy onwrikbaar in God se genade? Glo jy vas dat die Here Jesus vir jou sondes betaal het? Glo jy beslis dat jy gered is en die ewige lewe as erfenis het of word jy maklik van stryk af gebring deur ongelowiges se siening? Begin jy twyfel aan God se goedheid as dinge om jou moeilik gaan? Bevraagteken jy God se bestaan en die waarheid van die woord wanneer sogenaamde geleerdes dit begin betwyfel? As jy volhardend bly glo; as jy met moed en hoop jou oë op die Here hou, dán is jy ’n advertensie vir Christus. As jy vrede en vreugde behou ten spyte van moeilike omstandighede dán sal die mense om jou sien dat jy “iets” anders het en dit ook begeer. As jy kan aanhou om die regte dinge te doen, keuses te maak teen sondes en teen ’n leefstyl wat vir die wêreld aanvaarbaar geword het maar wat teen God se woord en wet is, dán sal jy uitstaan as ’n ambassadeur van Christus.

Maatskappye doen baie moeite en gaan baie advertensie koste aan om hulle produk te bemark en bekend te laat word. Ons moet ook alles in die stryd werp sodat ons lewenswyse ’n groot advertensiebord vir Christus en vir die Evangelie sal wees.

Hy Ken Jou Naam
Volgens een spesifieke bron op Google het daar tot op hede so ongeveer 108 biljoen mense op aarde geleef. Elkeen van hierdie mense het 'n naam gehad, net soos wat ek en jy name het. ‘n Naam gee aan ‘n persoon identiteit.

Die aantal sterrestelsels in die heelal word gereken op soveel as 200 biljoen. In ons eie melkwegstelsel is daar ongeveer 100 duisend miljoen sterre. Elke ster het 'n naam en die Here noem hulle by daardie naam.

Ps. 146:4 "Hy besluit oor die getal van die sterre en gee elkeen 'n naam."

Ons lees ook in Gen. 2:19 dat Adam die opdrag kry om vir al die diere op die aarde name te gee. Name is dus 'n groot ding in die Bybel. Die Here stel Homself selfs aan Moses voor as "Ek is". Die Here het ook etlike mense se naam verander. Sara het Sarai geword. Abram het Abraham geword. Jakob het Israel geword en Saulus het Paulus geword. Daar was elke keer 'n rede vir die naamsverandering.

Net so het jy 'n naam. Jou naam is in die Here se handpalms gegraveer, op 'n plek waar dit nie uitgewis kan word nie. So dra Hy jou naam met Hom saam. Dink aan die skepping, die grootsheid daarvan, God se almag, Sy vermoë om alles tot stand te bring, Sy versorging van Sy kinders en Sy soewereiniteit. Hy ken jou naam! Jy is persoonlik aan Hom bekend. Hy dra jou sorge in Sy hart saam. Hy maak deure op wonderbaarlike maniere oop. Hy luister as jy praat en Hy fluister sag in jou oor. Hy hoef nie Sy aandag tussen jou en biljoene ander te verdeel nie. Sy aandag is by jou en Hy ken jou naam. Dit kan ons nogal spesiaal laat voel. Geen hooggeplaaste of belangrike mens het my al ooit op my naam genoem nie. Maar die Here doen dit elke dag. Ek is inderdaad baie spesiaal vir die Here…en jy ook.