Dit is vir ons aangenaam om op hierdie manier met u kennis te maak en ons gee graag die volgende inligting:
 

  •  Elke Sondag is daar vier eredienste – 08:00, 9:30, 11:00 en 18:30
     
  • Kinderkerk/Sondagskool:  Elke Sondagoggend word toepaslike Bybelklasse aangebied. Kinders tussen 3 en 17 jaar word in verskillende ouderdomsgroepe verdeel en deur goed opgeleide onderwysers volgens 'n jaarprogram onderrig. Ons skakel in by 'n internasionale organisasie, CEF, wat in meer as 150 lande regoor die wêreld betrokke is.

    Omdat ons kinders vir ons belangrik is, het ons 'n ten volle teologies-opgeleide leraar wat hier werk.
     
  • Gedurende die week word verskillende aktiwiteite aangebied waarby lidmate en besoekers volgens eie behoefte kan inskakel, soos huisgemeentes en selgroepe.Alle besoekers is baie welkom om enigeen van ons kursusse by te woon.
     
  • Lidmaatskap: Lidmaatskap is vir ons 'n belangrike saak. Van tyd tot tyd is daar bekendstellingsaande waar u goed ingelig sal word. Na so 'n geleentheid behoort u goed toegerus te wees om 'n sinvolle besluit te kan neem.

 

By ons sal u nuwe vriende maak.
By ons sal u bemoedig en gemotiveer word.
By ons sal u geestelik versorg word.
By ons sal u geestelik groei.

Kontak

Maandae tot Vrydae
8:00 - 13:00

Tel: 051 451 1017

Faks: 086 218 2607

E-pos adres: kerk@kerk.co.za

 
Gedagte vir die dag...
Colossians 2:7 Let your roots grow down into Christ and draw up nourishment from him. See that you go on growing in the Lord, and become strong and vigorous in the truth.
 
© 2010 Baptiste Kerk | Admin | www.kerk.co.za