Ons kerk is tans die grootste Protestante Kerk ter wêreld met meer as 150 miljoen lidmate. Baptisme is saam met die 1820 Setlaars in ons land gevestig. Daar is reeds meer as 1 200 gemeentes. In Bloemfontein is daar tans tien gemeentes.
Gedurende 1990 het ds. Jacob Maree, sy vrou en kinders na Bloemfontein gekom om 'n gemeente hier te stig.
Op 2 September 1990 het die gemeente met 24 lidmate begin.
Gedurende 1994 is 'n kerkgebou in Gerhard Beukesstraat, Universitas, aangekoop en op 2 September 2000 het die gemeente sy tiende verjaarsdag gevier.
Op 5 Maart 2006 is 'n nuwe kerkgebou in Langenhovenpark, Bloemfontein, in gebruik geneem.
Lidmatetal is nou reeds 2178 volwassenes met net meer as 2246 kinders. Tans het die gemeente ongeveer 4157 permanente besoekers.
|