Baba Toewyding

Waaroor gaan die toewyding van ’n baba?

Tydens ’n baba toewydingsdiens kom staan die ouers voor die Here en verbind hulleself opnuut aan mekaar as ’n egpaar, maar ook opnuut aan die Here om ‘n geestelike voorbeeld vir die kind te stel deur in gehoorsaamheid aan die Here te leef. Hulle vra verder vir die Here om leiding, seën en beskerming. Die ouers verklaar dat hulle in ’n verbintenis met die Here en Sy Woord wil lewe en hulle kinders met Sy liefde en genade wil grootmaak. Hierdie is ‘n (openbare) verbintenis voor die Here (en die gemeente) dat die ouers hulle bes gaan doen om, met die Here se hulp, hulle kind só groot te maak dat hy/sy ‘n navolger sal wees van die Here Jesus.

Wil julle julle kleinding toewy?

Dit is vir ons 'n groot eer om ouers deur hierdie proses te lei.  Indien jy jou baba wil toewy, of meer inligting wil hê rondom dit, vul asseblief die onderstaande vorm in:

Name van ouers:

Naam van Baba(s)